BELANGRIKE INFORMASIE
Netjiese badkamer-fasiliteite is beskikbaar
Groot grasperk beskikbaar om te speel en vir die opslaan van springkastele en waterglybane
Braai-fasiliteite is beskikbaar op personeel. Hout en blitz vir braai en boma-vuur, moet self voorsien word
Plaasdiere moet asseblief onder geen omstandighede gevoer of getart word nie
Geen toegang tot diere se hokke en kamp word enigsins toegelaat nie
Daar is genoegsame en veilige parkering beskikbaar op personeel met ‘n hekwag wat toegang beheer
‘n Gewapende reaksie-eenheid het ‘n substasie op ons perseel en dra by tot almal se veiligheid
Rus en Vrede Venue kan aansit-ete funksie tot ongeveer 120 persone akkomodeer.
Musiek moet vanaf 10h00 sagter gesit word en teen 11h00 afgesit word.
Ons versoek dat die venue asseblief om 12h00 opgeruim sal wees en alle gaste venue sal verlaat.
GEEN oornag fasiliteite is beskikbaar by Rus en Vrede Venue nie. Daar is gastehuise in omgewing.
Indien kosse self voorsien word, moet alles ten opsigte daarvan om kosse warm te maak, self gereel en voorsien word. GEEN stowe is in Rus en Vrede kombuis beskikbaar nie.
Reelings tov hoeveelheid gaste by funksie gaan wees, hoeveelheid en tipe glase, borde en eetgerei, moet per e-pos bevestig word.
Daar is n swembad by Rus en Vrede Venue beskikbaar vir gebruik op EIE RISIKO. Daar is n swembadnet beskikbaar om swembad te beveilig indien dit so gereel word. Ouers van kinders wat swembad gebruik, moet self toesig oor hul kinders hou en bly verantwoordelik vir die veiligheid van hulle kinders.